Boodskap vir Vandag

Search

‘n Troosvolle afskeid

Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan (Lukas 24:51-52).

Om afskeid te neem, is nooit lekker nie.

Veral nie wanneer jy, amper soos met ‘n huwelik of ‘n vaste verhouding, jou lot by iemand anders ingegooi het nie. Want dit is wat die dissipels gedoen het toe hulle Jesus begin volg het.

En nou moes hulle twee maal kort ná mekaar hoor – én dit verwerk – dat Jesus hulle gaan verlaat. Die eerste was kort vóór sy kruisiging. Selfs die belofte dat Hy sou terugkeer, het in dié omstandighede geen sin gemaak nie. Daarvoor was sy tragiese dood té finaal.

Maar dan kom sy verrassende terugkeer uit die dood. En die hoop op ‘n nuwe, blywende hereniging vlam weer op. Net om nog eens geblus te word by ‘n tweede afskeidsuur – toe Jesus opvaar na die hemel.

Was dit so tragies en hartseer soos wat dit van buite lyk? Die Lukas-evangelie dink nie so nie. Ons lees dat Jesus se hemelvaart ‘n nuwe vlaag van blydskap, selfs aanbidding, by die dissipels losgemaak het. Hierná kon hulle trouens nie ophou om God te prys nie. Tog merkwaardig!

Want sien, hulle het begin verstaan dat Jesus se vertrek allermins ‘n finale afskeid was. Inteendeel, dit was die begin van ‘n nuwe, inniger teenwoordigheid van God in hulle lewe. Deur sy Gees sou Jesus voortaan áltyd by hulle – en by ons – wees, selfs in ons woon.

Dít bly die onpeilbare misterie en troos van hemelvaart wat ons vandag weer mag vier.

Dankie Here, dat U vandag steeds by ons is en ons bystaan. Selfs wanneer ons U nie kan sien of ervaar nie, glo ons dit saam met al die gelowiges oor die eeue. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed