Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tyd om ou beloftes te besoek

Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes (1 Petrus 4:7).

Daar is min tye wanneer mense se vreugde en verwagtings so hoog loop soos op die dag van hulle huwelik.

Of wanneer mense tot ‘n afspraak geraak om ‘n vaster verhouding of vriendskap met iemand spesiaal aan te knoop.

In so ‘n oomblik breek ‘n hele toekoms van nuwe avonture en moontlikhede aan – ‘n reis vol onbekende, maar opwindende, vooruitsigte.

Dit is ‘n reis van liefde wat, hoe dit ook al in mense se lewe ontplooi of gestalte kry, altyd uniek en onvervangbaar bly. En daarom gekoester en versorg moet word.

Onlangs bevestig ek weer ‘n jong paar in die huwelik. Soos altyd beloof hulle die gewone: “Om altyd by die ander te bly, hulle te versorg en te help.” En dan miskien die mooiste: “Om die ander een altyd opgewonde en vrolik te bly maak” (“to thrill and cheer you”).

Vir baie vir wie die liefde sy glans verloor het, mag sulke ideale en beloftes sentimenteel en selfs onrealisties klink.

Miskien is Advent die tyd om hierdie beloftes en sentimente weer met nuwe verwagting en geloof te besoek!

En jou maat met ‘n nuwe dosis van hartlike liefde te verras.

O Here, laat ons liefde tog nie vervaag of versand nie. Laat dit vars en vol verrassings bly. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.