Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tyd om ou beloftes te besoek

Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes (1 Petrus 4:7).

Daar is min tye wanneer mense se vreugde en verwagtings so hoog loop soos op die dag van hulle huwelik.

Of wanneer mense tot ‘n afspraak geraak om ‘n vaster verhouding of vriendskap met iemand spesiaal aan te knoop.

In so ‘n oomblik breek ‘n hele toekoms van nuwe avonture en moontlikhede aan – ‘n reis vol onbekende, maar opwindende, vooruitsigte.

Dit is ‘n reis van liefde wat, hoe dit ook al in mense se lewe ontplooi of gestalte kry, altyd uniek en onvervangbaar bly. En daarom gekoester en versorg moet word.

Onlangs bevestig ek weer ‘n jong paar in die huwelik. Soos altyd beloof hulle die gewone: “Om altyd by die ander te bly, hulle te versorg en te help.” En dan miskien die mooiste: “Om die ander een altyd opgewonde en vrolik te bly maak” (“to thrill and cheer you”).

Vir baie vir wie die liefde sy glans verloor het, mag sulke ideale en beloftes sentimenteel en selfs onrealisties klink.

Miskien is Advent die tyd om hierdie beloftes en sentimente weer met nuwe verwagting en geloof te besoek!

En jou maat met ‘n nuwe dosis van hartlike liefde te verras.

O Here, laat ons liefde tog nie vervaag of versand nie. Laat dit vars en vol verrassings bly. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed