Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tyd vir reoriëntasie

Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my … (Psalm 116:10).

‘n Vriend van my het altyd smalend daarna verwys dat daar tussen die ou en die nuwe jaar net ‘n Desembervakansie is.

Hy is natuurlik reg – want selfs al betree jy die nuwe jaar met blink oë, die skaduwee van die ou jaar met al sy sorge en bekommernis is altyd kort op jou hakke.

En tog kan ‘n mens dit (gelukkig) ook nie ontken nie: die nuwe jaar suggereer, ja, bring selfs, ten minste vir sommiges, ‘n nuwe begin, vars kanse en ander moontlikhede.

Soos hulle wat vroeg in Januarie met ‘n nuwe werk kan begin. Of ‘n nuwe huis of woonplek gaan betrek. Of die gevoel het dat dit miskien nóú die kans is om my muwwe kamer ‘n slag ordentlik reg te pak. Of belangriker nog, my deurmekaar lewe in orde te kry, die geloof in God te bly koester (Ps 116:10).

Ja, selfs al gaan ons 2016 binne met ‘n hele vrag persoonlike en sosiale probleme steeds by ons, bly die begin van ‘n nuwe jaar tog altyd ook ‘n uitnodiging tot reoriëntasie, tot nuwe besinning oor die stand en betekenis van ons lewe. Ook oor die aard van ons spesifieke taak en roeping in hierdie lewe.

As die aanvang van ‘n nuwe jaar ons hierby kan uitbring, het ons nie sleg begin nie.

O Here, U gun ons telkens nuwe kanse, selfs ‘n nuwe jaar om voor te begin, om ons lewe opnuut voor U te bring. Dankie daarvoor. En Here, gee ons die moed daartoe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed