Boodskap vir Vandag

Search

‘n Tydige vermaning

Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam (1 Timoteus 6:18).

Verlede week nooi die bekende omroeper, Amoré Bekker, in haar geselsprogram mense uit om verhale van hoop te vertel.

Méér spesifiek gestel: Sy wil by die luisteraars hoor wat hulle tans doen of gaan doen om van ons land ‘n beter en gelukkiger plek te maak.

Dit is egter asof die luisteraars haar aanvanklik nie wil hoor of verstaan nie. Want die meerderheid wat inbel, gebruik die tyd eenvoudig om te kla en negatiewe kritiek te lewer. Dit neem haar uiteindelik ‘n goeie tien minute – en selfs ‘n bietjie ongeduld – om die luisteraars na die eintlike doel of punt van haar program terug te bring.

Dit is om te fokus op wat positief en konstruktief is.

Die episode het weer eens die donker en negatiewe stemming waarin baie van ons tans verkeer, bevestig. My ook laat dink aan die bekende Oosterse digter, Khalil Gibran, se vermaning: “If your heart is a volcano, how can you expect flowers to bloom.”

Dit is inderdaad ‘n tydige vermaning – want ons roeping bly steeds dít: om die negatiewe met die positiewe, die slegte met die goeie te oortroef.

En só die spreekwoordelike blomme te laat blom.

O Here, gee my vandag ‘n positiewe gesindheid en uitkyk op die lewe. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed