Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Unieke gemeenskap

“Die belangrikste onder julle moet soos die geringste wees” (Luk 22:26).

ʼn Katolieke vriend deel onlangs sy bewondering vir ʼn klein, amper obskure, gemeenskap met my.

Hulle staan as die “Little Sisters and Brothers of Jesus” bekend.

Ja, so afgesluit leef ons as Christene dikwels van mekaar! Al het ek al van hulle gehoor, het ek het nie besef hulle is ook in Suid-Afrika teenwoordig nie. Trouens, een van hulle gemeenskappe werk om die hoek van my in Manenberg, Kaapstad.

Wat hierdie gemeenskap van Katolieke susters en broers uniek maak, is dat hulle geen aktivistiese agenda het nie. In navolging van Jesus wat in sy Nasaret-tydperk anoniem geleef het – voordat Hy tot die openbare sfeer toegetree het – sien hulle hulle roeping as een van gewoon by ander teenwoordig wees. Hulle klooster, só beskryf hulle hulle werkterrein, is die alledaagse lewe.

In die uitleef van hulle roeping streef hulle na niks meer nie as om net naby mense, veral dié in nood, te leef. Met ander woorde, om só by ander teenwoordig te wees dat hulle nie meer eensaam, verwerp of verwaarloos voel nie, maar eerder bemoedig en versterk.

My vriend noem hoe sommige van die susters in die uitleef van hierdie besonderse roeping al met uiteenlopende mense, soos ʼn groep sigeuners, op reis gegaan het. Sommige het selfs al vrywillig in die gevangenis gaan sit, net om naby te wees aan dié wat in die tronk is.

Ons kry waarskynlik in hulle leefwyse, hoe stil en onopvallend ook al, een van die radikaler uitlewings van Christus se soort solidariteit met ander.

Geen wonder my Katolieke vriend het so ʼn bewondering vir hulle nie.

Here, U vermaan ons om nie neer te sien op die geringes nie. Leer ons vandag weer u weg en u wil hieroor. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed