Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vangnet wat ons kan oorval

Maar ons wat van die dag is, moet nugter wees … (1 Tessalonisense 5:8).

Behalwe dat die liefde begin kwyn wanneer ‘n samelewing uitrafel en almal vir hulleself begin leef, is daar ook ‘n ander verskynsel wat in sulke tye maklik inskop.

Mense ontvlug in die oppervlakkige plesier van die dag — hulle bestry die angs en vul die leegte in hulle gemoed met oppervlakkige surrogate. Dit is goedkoop vervangingsmiddels.

Ook hierna verwys Lukas wanneer hy die vervlakking beskryf wat inskop wanneer ‘n samelewing begin uitrafel. Dan, so skryf, raak die mens se gees maklik in ‘n oormatige etery en drinkery verstrik. Word dit verder afgestomp deur al die sorge en bekommernisse wat knaag (Luk 21:34).

En wat jy sukkel om af te skud.

Lukas praat van ‘n vangnet wat ons op dié manier kan oorval (Luk 21:34). Terwyl die skrywer van Tessalonisense praat van ‘n aaklige nag of duisternis waarin mense só beland (1 Tess 5:7).

Die uitdaging in sulke tye bly steeds om ons geloof in God se goedheid en almag te behou. Ook om met die hoop op beter dinge te bly leef. En daarom nugter en met goeie oordeel te bly optree.

Ja, as mense van die dag wat wakker loop en helder sien.

Here, vergewe ons dat wanneer dinge swaar gaan ons moed verloor – ook kla en oppervlakkige keuses begin maak. Help ons om nugter te bly, ja, om opregte kinders van die lig te wees. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed