Boodskap vir Vandag

Search

’n Vaste tyd

Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans – Prediker 3:1, 4.

“Daar is ’n tyd vir alles,” sê die Prediker. So ook vir afsondering en rou. Indien jy nie dán jou rouste emosies in die oë kyk nie, sleep jy ’n ondraaglike las met jou saam. Die pyn gaan nie weg as jy dit ignoreer of jou dae met ander dinge vul nie. Dit gaan lê net ál dieper en swaarder in jou wese.

Daar is geen ontsnaproete of kortpaaie as jy treur nie. Jy moet die pad stap – enduit. As jy êrens kortpad vat, gaan jy maar net met ’n ompad terugkom op die treurpad. Daar is geen roetekaart vir treur nie, want treur strek nie van punt A na punt B en dan het jy aangekom nie. Rou is nié stappe wat jy moet deurwerk en dan is dit afgehandel nie. Rou is eerder ’n proses wat soos die branders van die see aanhou uitspoel en weer terugtrek. Partykeer dink jy dat jy nou ’n bepaalde herinnering verwerk het, net om weer deur dieselfde brander omgeklits te word.

Indien jy nie jou intense routyd gebruik vir nuwe insig en verdieping nie, sleep jy jouself maar net uitsigloos voort en hoop dit sal eendag beter gaan. Routyd en die stilte en nadink wat daarmee saamloop, is onontbeerlik om weer regop te kan staan op jou klein kolletjie aarde.

Here, U sê self dat daar ’n tyd is om te treur. Gee ons die insig om dié tyd reg te gebruik. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed