Boodskap vir Vandag

Search

‘n Verdagte belydenis

Petrus antwoord Hom: “U is die Christus!” (Markus 8:29).
Hy het egter omgedraai, na sy dissipels gekyk en vir Petrus berispe (Markus 8:33).

Een van die vreemde wendings in die verhaal van Markus 8:27-33, is dat Jesus, kort nádat Hy Petrus se herkenning en belydenis van Hom as die Christus entoesiasties begroet het, Petrus byna onmiddellik daarna kortvat en ernstig berispe (Mark 8:29-33).

Jesus suggereer selfs dat Petrus se poging om Jesus af te dwing van sy kruisweg, niks minder as ‘n duiwelse gedagte is nie (Mark 8:33).

Die enigsins verrassende optrede van Jesus maak ons op ‘n byna onstellende manier daarvan bewus hoe maklik daar ‘n kloof tussen ons belydenis en ons uitlewing daarvan kan groei. Terwyl ons met vroom woorde die Naam van Christus bely, kan ons byna in dieselfde asem met ons dade en optrede daardie belydenis verloën.

Deur ons handelinge wys ons hoe min ons nog regtig van die praktiese implikasies van hierdie belydenis verstaan, met die gevolg dat ons woorde goedkoop word en ons belydenis vals.

Hierop moet ons in die Lydenstyd fyn let.

O Here, vergewe ons dat ons dikwels so dubbelslagtig en vals lewe. Help ons om ons belydenisse daadwerklik uit te leef. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed