Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vermoeiende stokperdjie

Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” (Lukas 24:5).

As mense is ons nie net geneig om ons probleme of krisisse uit te stel en só die gevaar te loop om onverhoeds daardeur betrap of oorrompel te word nie.

Ons ander kwaal is om wanneer die krisis of ongeluk wél kom, daarin vas te val of ongesond daarop te bly broei – ook eindeloos daaroor te tob. Só laat ons toe dat ons probleme ons nie net verlam nie, maar ook negatief en swaarmoedig stem.

Selfs daartoe lei dat ons onsself verontskuldig en ander blameer.

Party mense maak van dié negatiewe en selfs oneerlike speletjie ‘n vermoeiende stokperdjie.

In dié verband hoor ek onlangs die volgende wyse woorde: “Don’t communicate so long with the dead, that you forget to live.”

Dit is byna of ‘n mens die engele hier hoor praat toe hulle kort ná Jesus se opstanding die vroue vermaan het: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies?” (Luk 24:5).

Wat beteken: Ons moet ophou broei en gaan lewe.

Dus, kom aan die gang, daar is baie goeie dinge wat op jou wag!

O Here, bewaar ons daarvan om onnodig op ons probleme te broei. Amen

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed