Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Verrassende ontmoeting

Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels (1 Korintiërs 15:7).

Een van die aangrypendste ontmoetings van Jesus ná sy terugkeer uit die dood was dié met sy broer Jakobus (1 Kor 15:7).

Die geskiedenis leer ons dat Jesus deel van ʼn normale gesin was, maar mettertyd van hulle vervreem geraak het. Só vervreem dat hulle in een stadium vas geglo het Hy het van sy kop af geraak. En dat hulle hom met geweld huis toe wou bring (Mark 3:21).

In Johannes 7:1-5 hoor ons dat selfs sy eie broers nie in Hom geglo het nie. Hom selfs gespot en uitgedaag het om sy werk in die gevaarlike Judea te gaan doen. En toe dit tot sy kruisiging lei, was hulle nêrens te sien nie.

As ʼn toegewyde Jood het Jakobus, as die oudste broer, waarskynlik ʼn rol in Jesus se uitsluiting en verdoeming gespeel. Dit is dan ook teen dié agtergrond dat Jesus se verskyning aan Jakobus ná sy opstanding so ʼn groot verrassing is.

Wat tussen hulle gebeur het, weet ons nie. Behalwe dat hierdie ontmoeting Jakobus se lewe radikaal verander het. Hierna sou hy ʼn dienaar van God en van sy broer, die Here Jesus Christus, word (Jak 1:1). En, volgens oorlewering, sou hy later sy lewe vir sy broer gee.

Dié verhaal herinner ons dat die tyd vir genade nooit verby is nie. Hoe ver ons ook al weggedwaal het of hoe diep ons ook al geval het – ons is altyd binne bereik van God se genade.

Want die lewende Heer gee nooit moed op met ons nie. Hy sal soek totdat Hy ons vind.

Here, hoe troosvol om te weet dat U vandag weer op soek is na my. Help my om hierdie geheim van u liefde weer en weer te ontdek. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed