Boodskap vir Vandag

Search

‘n Voordelige afskeid

Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en
is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en
met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan (Lukas 24:51-52).

Hemelvaart het verlede Donderdag gekom en gegaan.

Omdat dit nie langer ‘n vakansiedag is nie, het meeste mense, ook baie gelowiges, daarvan vergeet.

Tog bly dit ‘n belangrike dag op die kerklike kalender – een wat vra vir ‘n verposing en dieper besinning.

In ‘n mooi meditasie oor hemelvaart, wys die Hollandse teoloog, Noordmans, dat met die hemelvaart van Jesus, sy fisiese afskeid van sy vertroude dissipels, daar ‘n onverwagse klank van seën en blydskap opklink.

Dit is onverwags – so voer Noordmans aan – want afskeid, veral wanneer dit gaan om geliefdes, beteken gewoonlik hartseer en pyn. Maar die teenoorgestelde gebeur wanneer Jesus vertrek: Die dissipels ervaar seën, hulle stemming is een van groot blyskap (Luk 24:51-51).

Verbasend, en tog nie onbegryplik nie! Want sien, die dissipels het Jesus se woorde onthou dat dit tot hulle voordeel is dat Hy weggaan (Joh 16:7). Want sy vertrek open die weg vir Pinkster, vir die Gees om in ons lewe en in die wêreld vaardig te word – die Gees van troos en blydskap, die Gees wat die wêreld oortuig van sonde, wat die gelowiges dieper in die waarheid inlei, die waarheid oor Jesus, oor God, oor hulleself (Joh 16:12-14).

Ook sodat ons, noudat Hy weg is, Hom beter kan leer ken en dien deur ons liefde en vertroue.

Pragtig druk Janet Morley in haar gebed vir hemelvaart hierdie baie diepsinnige gedagte uit:

“O God, you withdrew from our sight that you may be known by our love: help us to enter the cloud where you are hidden, and surrender all our certainty to the darkness of faith in Jesus Christ.”

Here, u afwesigheid en onsigbaarheid is ‘n rede tot blydskap. Ook tot inniger vertroue en liefde. Help ons vandag om hierdie misterie te omhels. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed