Boodskap vir Vandag

Search

‘n Vreemde soort armoede

Wat sal dit ‘n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry, maar sy lewe verloor (Matteus 16:26).

Dit is inderdaad waar dat geld ons lewe gemakliker en geriefliker kan maak – ook ongekende geleenthede kan skep om ander se nood te help verlig.

Maar wanneer geld, soos in ons tyd, die enigste ideaal en ambisie van mense se lewe geword het, sodat hulle selfs bereid is om ander daarvoor dood te maak, het ons ‘n kwade dag bereik.

Dan loop ons die ironiese gevaar om, in plaas van ons lewens te verryk, dit oneindig te verarm – selfs daartoe by te dra dat ons aarde geplunder en ander uitgebuit en onderdruk word. Bloot omdat ons blindelings en fanaties op soek is na groter winste, méér geld.

Onlangs hoor ek in dié verband ‘n verstommende uitspraak van die bekende Jamaikaanse reggae-sanger, Bob Marley. Hy het skynbaar op ‘n stadium gesê: “Ek is bevrees ek gaan eendag as ‘n baie arm mens sterf. Want al wat ek het, is geld.”

Inderdaad is daar groter rykdomme in die wêreld as net geld.

O Here, vergewe ons ons ongesonde sug na méér. Bewaar ons van gierigheid en selfsug. Leer ons die waarde en rykdom van eenvoud en soberheid. Hou ons sensitief vir die nood van ander. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed