Boodskap vir Vandag

Search

‘n Waarheid om van te leef

Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig (Lukas 4:18).

Elke geslag of gemeenskap, so leer die geskiedenis ons, soek en kies een of ander waarheid – party geleerdes noem dit selfs ‘n soort mite of verhaal – om van te leef.

Hierdie waarheid of verhaal moet die pad vorentoe kan wys, mense ook voortdurend kan troos en bemoedig. Daarom word hierdie waarheid dikwels fyn en goed gekies. Sodat dit die betrokkenes se beste belange kan dien, hulle eie veiligheid, gerief en voordeel tot die maksimum kan bevorder.

Dikwels ten koste en sonder in agneming van die ander – met name dié wat langs die pad uitgesak het.

Ons teks vir die week bevat ook só ‘n groot waarheid. Hierdie waarheid is vervat in Jesus se uitspraak in Lukas 4, naamlik dat Hy gesalf is om goeie nuus aan die armes te bring, om te sorg vir hulle wat sukkel en wat na die onderkant van ons samelewing geskuif is.

Ek is seker dat ons almal vandag die belang van hierdie waarheid besef. Ook weet dat wie dit ernstig neem om, soos Jesus, vir die armes te sorg, hulle lewe en geluk kan verskans teen baie toekomstige spanning en moeite.

Maar wie sal dit waag om vandag uit hierdie waarheid te leef? Om Jesus op hierdie ongemaklike pad te begin volg?

O Here, U roep ons vandag om, soos U, vir die armes te sorg. Leer ons weer om hierdie pad met geloof, durf en oorgawe te loop. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed