Boodskap vir Vandag

Search

ʼn Wag oor God se kudde

Mens, Ek het jou die wag vir Israel gemaak. Wanneer jy by my die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku (Esegiël 33:7).

In Esegiël 33:7-11 is daar nie net sprake van God se intense liefde vir sy sondige volk nie. Ons hoor ook van die profeet Esegiël se roeping en verantwoordelikheid om ʼn draer van hierdie liefde te word. Om namens God nie te huiwer om die volk aan te praat, te vermaan en tot bekering te roep omdat hulle lewe weens hulle sondes tot niet gaan nie.

In dié opsig is Esegiël geroep om as wag vir Israel te dien, om deur sy vermanings en oproepe te sorg dat hulle nie afdwaal en God só versaak nie. Trouens, sou Esegiël nalaat om dit te doen, sou God hom verantwoordelik hou vir Israel se dood (Eseg 33:8).

In sekere sin bly hierdie profetiese roeping vandag nog ons roeping. Soos Petrus van ouds word ook ons geroep om te sorg vir God se kudde, om wag te hou oor hulle veiligheid en geestelike geluk (Joh 21:16). Wat dikwels inhou dat ons, soos God, harder sal praat en strenger sal vermaan.

Dit is nie altyd maklik nie. Veral nie wanneer dit gaan oor ons kinders, familie of goeie vriende nie. Boonop kan so ʼn vermaning maklik voortspruit uit ʼn gevoel van persoonlike frustrasie, woede en selfs hovaardigheid. Wat nie die gesindheid van God se eindelose geduld en liefde weerspieël nie.

Daarom vra hierdie opdrag dat ons ons elke dag in nederige ootmoed tot God sal keer. Want alleen dié wat elke dag vanuit God se vergewende liefde leer leef, kan ander tot bekering oproep.

O Here, dit bly moeilik om ander mense te vermaan, tensy U self ons daartoe bemagtig. Kom, Here, vul ons opnuut met u liefde en gee ons die moed om dit verder te dra. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed