Boodskap vir Vandag

Search

‘n Weerklank van God se liefde

Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan,
en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God (Efesiërs 3:19).

Liefde bly een van die mees misbruikte terme van ons dag.

Mense praat maklik daaroor, dikwels in onrealistiese en hoogs sentimentele terme, asof hulle presies weet wát dit beteken en hóé dit werk.

Dít terwyl die ware liefde waartoe die evangelie ons aanmoedig, ‘n moeisame weg kan wees – een wat lynreg téén ons natuurlike sentiment en gevoelens ingaan en ook groot opofferings vra.

Só ‘n liefde val nie uit die lug nie. Dit kom op uit ‘n lewe van diepe toewyding en gebed.

Die bekende Katolieke geestelike, Thomas Merton, het hierdie verband goed gesnap toe hy geskryf het:

“Essensieel vir die liefde is ‘n diep geestelike lewe. Want ons het nie lief om goed te wees vir iemand anders, of om daardie persoon te help of te beskerm nie.

“As jy só liefhet, dan sien jy die ander een as ‘n eenvoudige, ‘n minderwaardige wese, en jy dink jy is wys en vrygewig.

“Dit het niks met liefde te doen nie.

“Om lief te hê, is om één te wees met die ander persoon en om in daardie oomblik ‘n vonk van God te ontdek …”

Merton se woorde herinner ons daaraan dat ware liefde ‘n totale oorgawe aan en identifikasie met die ander behels. Dit is om nie alleen vír ander daar te wees nie, maar ook bý en mét hulle in hulle nood.

In dié opsig is egte liefde niks anders as ‘n weerklank van God se liefde in ons eie lewe nie. Daardie liefde wat Christus aan ons kom bewys het en waarin ons deur die geloof gewortel is.

Om egter die omvang, krag en volheid daarvan te begryp én te ervaar – dáárvoor moet ons daagliks, soos Paulus, kom bid (Efes 3:14-21).

O Here, leer ons vandag opnuut weer hoe wyd en ver en hoog en diep u liefde strek. En gee ons die moed om daaruit te gaan lewe. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed