Boodskap vir Vandag

Search

Nederigheid

Selfverheffing bring vernedering; wie nederig is, het wysheid.

– Spreuke 11:2

 

Nederigheid beteken nie om ’n swak selfbeeld of geen selfrespek te hê nie. Dit beteken nie dat jy gedurig koponderstebo deur die lewe sluip soos ’n straathond nie. Dit beteken nie om niks van jouself te dink en ’n “ek is minderwaardig”-naambordjie om jou nek te hang nie.

Nederigheid is ook nie om jouself laer as ander te ag of om jouself as die stert in plaas van die kop te beskou nie.

 

Inteendeel.

 

Ek glo nederige mense het ’n gesonde selfbeeld en is bewus van hulle potensiaal en talente en ontgin dit deur harde werk. Maar nederige mense is baie bewus daarvan dat alles genadegawes van God is, wat binne ’n oogwink weggeneem kan word. Daarom kyk werklik

nederige mense nooit af na ander wat “minder” voorregte ontvang het nie. Hulle kyk op in nederige afhanklikheid.

 

Selfaangedrewe presteerders se hooffokus is die eie ek. Hulle is so beïndruk met hulleself – hulle pogings, harde werk, dryfkrag, geld en voorspoedige lewe. Dit kan lei tot selfvoldaanheid en meerderwaardigheid. Sulke presteerders “vergeet” maklik om vir die Here dankie te sê vir sy hand van guns.

 

Hoe meer seën ek in my lewe ontvang, hoe minder selfvoldaan raak ek. Ek is baie bewus daarvan dat ek nie “beter” is as ’n verslaafde, ’n alkoholis, ’n minder gegoede mens of iemand van ’n ander kultuur of seksuele oriëntering nie. Ek is ook nie “beter” as iemand met ’n laer IK of minder kennis nie.

 

Al my voorregte het ek deur God se genade ontvang.

 

Bruisgebed vir nederigheid: Here, help my om nooit selfvoldaan te wees nie, maar altyd nederig en afhanklik van U te bly – tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed