Boodskap vir Vandag

Search

Net genoeg. Net betyds.

Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – Psalm 103:1-2 (2020-vertaling).

Sendelinge getuig dikwels oor hoe die Here in die kleinste detail vir hulle sorg. Net genoeg. Net betyds!

Ons hoor van ’n koevert met die presiese bedrag vir die maandelikse huur van ’n huis wat onder die deur ingestoot word nadat die gesin die vorige aand gesmeek het om uitkoms. Corrie ten Boom vertel hoe sy in die Nazi-konsentrasiekamp haar Bybel ongesiens verby die wagte gesmokkel het. Die Here het hul oë eenvoudig daarvoor gesluit.

Ons dink verkeerdelik dat net groot geloofshelde verhale oor God se redding kan vertel. Ons het almal geloofstories. Ons mag nie stilbly oor die dinge wat die Here in ons lewe gedoen het nie.

Ons moet aan ons kinders vertel van daardie keer toe ons motor in die nagdonkerte op ’n verlate hoofpad in Namibië gaan staan het en ’n boer – op pad terug van sy vrou in die hospitaal op die naaste dorp sowat 110 km daarvandaan – ons ingetou het tot op sy plaas waar ons in sy gastekamer oorgebly het.

Ons moet ook vertel van klein wonderwerke. ’n Paspoort wat net betyds aankom vir ’n reis. ’n Motor wat ’n kind op ’n fiets rakelings mis. Klein elkedagse gebede wat beantwoord word. Drome wat waar word. God skenk aan ons dinge waarvoor ons nie eens bid nie, en bewaar ons sonder dat ons altyd daarvan bewus is.

Dankie, Here, vir al die goeie dinge uit u hand. Help my om daarvoor op die uitkyk te wees. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed