Boodskap vir Vandag

Search

Net ‘n glimlag sal doen

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie (Romeine 13:9-10).

Hoe belangrik en onmisbaar die ander vir egte sin en betekenis in ons lewe is, is eenmaal mooi deur ‘n oud-leermeester van my verwoord.

Sy woorde was: “Inter-menslike verkeer is nie net ‘n grondfeit nie, maar ook ‘n grondwaarde van ons lewe.”

Inderdaad is ons verhouding met die ander ‘n feit of ‘n gegewe wat ons nooit regtig kan ontduik nie. Altyd en oral word ons omring en gekonfronteer met ander mense. Selfs wanneer ons onsself by geleentheid fisies aan hulle sou wou onttrek, bly ons leefwêreld met sy verskeidenheid van objekte en kunsprodukte ‘n gedurige heenwysing na ander mense – na hulle arbeid, hulle vernuf, hulle gees en hulle teenwoordigheid.

Ander mense het in dié opsig ook die potensiaal en vermoë om gedurig waarde en betekenis aan ons lewe toe te voeg. Veral wanneer hulle in my belang stel of in liefde na my toe uitreik, dra hulle daartoe by dat ek my eie waarde as mens besef. Só word ander mense my naaste. En sonder die liefdevolle teenwoordigheid van die naaste, sal ons lewe gou tot onsekerheid en eensaamheid verskrompel.

Die ou kerkvader, Augustinus, het dié onmisbare waarde van liefde van die naaste só uitgedruk: “Die liefde is almal se lot, en wie die liefde uitroei, roei die wese van die mens uit. Sonder liefde word ons tydservaring ‘n hel.”

As beskaafde mense, en veral as gelowiges, is dit natuurlik ons plig om te sorg dat ons en ander mense nie in hierdie hel beland nie.

Wat daarvan dus dat jy dit vandag weer waag om in liefde en met belangstelling na ander toe uit te reik? Dat jy ‘n naaste vir hulle word?

Om mee te begin sal ‘n glimlag kan doen.

O Here, help ons vandag om nog eens die waarde van liefde te besef en dit ook daadwerklik te beproef en uit te leef. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed