Boodskap vir Vandag

Search

Nie Blitzkrieg nie, maar stil revolusie

Hy het hulle baie dinge in gelykenisse vertel en onder andere gesê: “ʼn Saaier het eendag gaan saai” (Matteus 13:2-3).

Die gelykenis van die saaier in Matteus 13 is om verskeie redes een van die troosvolste boodskappe van Jesus in die Bybel.

Dit herinner ons allereers dat die koms en werking van God se koninkryk, die manier waarop God sy unieke mag en heerskappy op aarde vestig, nie in die vorm van ʼn Blitzkrieg gebeur nie. ʼn Blitzkrieg was die manier waarop die Duitsers destyds die wêreld met mag, geweld en vinnige veldslae probeer verower het.

In sekere sin was dit ook waarop die dissipels gehoop het. Dat Jesus as die langverwagte Messias sy opvallende mag en gesag sou gebruik om met één hou die Romeinse heerskappy te vernietig en só jare lange knegskap op te hef.

En nou herinner Jesus hulle – en vir ons – dat sy koninkryk anders is. Dit kom na ons in die gestalte van ʼn saaier. Hierdie saaier, só verduidelik Jesus later, is ʼn beeld van sy bediening en uiteindelik van ons bestemde roeping as gelowiges. ʼn Roeping of bediening wat God se aanspraak en mag laat geld, nie met wapens van geweld nie, maar met ʼn brose woord – ʼn woord wat deurlopend liefde en vergifnis, vrede en geregtigheid aan mense bied.

ʼn “Wapen” wat nie lewens vernietig nie, maar harte wil verander, vertroue wil wen en so gemeenskap en menslikheid wil herstel.

Die koninkryk van God is in dié opsig ʼn stil revolusie.

Here, maak ons vandag deel van u stil revolusie – u revolusie van liefde, vergifnis en vrede vir alle mense. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed