Boodskap vir Vandag

Search

Niks behalwe U nie!

Laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd juig. Beskerm dié wat u Naam liefhet sodat hulle oor U kan jubel – Psalm 5:12 (Nuwe Lewende Vertaling).

Willie Jonker verwonder hom daaroor dat waarhede wat hy ná jare lange Christenwees vir die eerste keer ontdek, reeds eeue lank in die Bybel staan en deur al die heiliges geweet en beoefen is voordat die Heilige Gees hom langs dieselfde pad gelei het om dié dinge raak te sien.

Hy skryf: “’n Mens word bevry van kleinlikheid en kleinserigheid, van die neiging om jouself te verknies en te bejammer wanneer jy eenvoudig net leer om God blindelings te vertrou en elke ding wat uit sy hand kom met dankbaarheid te ontvang.”

Dankbaarheid is die instrument waarmee ons droefheid en teleurstellings kan oorwin. Ons moet elke dag pleit: “Vul my met dankbaarheid.” Wanneer ons dán alles verloor waarop ons steun, sal ons hartsmusiek steeds dankbaarheid wees.

Al het ons niks anders nie, het ons tog nog die Vader. Dit is op sigself genoeg rede om dankbaar te wees. Daarom moet ons fyn oplet na alles wat Hy vir ons doen, hoe Hy ons dag ná dag en oomblik ná oomblik in liefde dra.

Die woorde van Asaf in Psalm 73:25, 28 behoort ook ons uitroep te wees: “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al u werke bly vertel.”

Vader, ek het niks meer nodig as net vir U nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed