Boodskap vir Vandag

Search

Nóú en hiér

Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg – Psalm 37:4-5 (Die Boodskap).

Op ’n WhatsApp-boodskap lees ek: Die verste is nooit waar jy nou is nie. Op die oog af klink dit na ’n wyse en waar stelling, eintlik voor die hand liggend. Waar jy nou is, is die naaste. Alle ander dinge of gebeure lê in die verlede of in die toekoms.

En tog kan die plek waar jy nou is, ook baie ver wees. In jou gedagtes kan jy dink aan iets wat nog moet kom of reeds verby is, maar steeds jou gedagtes oorheers. Dié gedagteprentjies is so helder dat dit ’n groter werklikheid is as die oomblik waarin jy jou nou bevind.

’n Ma se gedagtes is dikwels nie by dít waarmee sy besig is nie. Sy dink aan iets anders. Sy herleef ’n situasie waar ’n kind benadeel is, of wonder of ’n kleinding warm genoeg aangetrek is. Soms – midde-in ’n heerlike gesinskuier – is haar gedagtes elders … Die gaste wat kom kuier. Die kos wat gemaak moet word. ’n Vriendin wat sy moet bel.

Só mis sy die oomblik. Die kwinkslae van ’n klein parmant. Die wyse woorde van ’n tiener. Die veraf kyk in ’n hartseer kind se oë. Haar man wat óórmoeg is.

God wil hê dat ons voluit moet lewe. Daarom moet ons ons aan die oomblik oorgee. Nóú is al wat ons het.

Here, leer my hoe om in die oomblik te lewe. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed