Boodskap vir Vandag

Search

Om die misterie binnegelei te word

O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! (Romeine 11:33).

Baie gelowiges voel nie heelpad gemaklik met die hedendaagse nadruk op die belangrikheid van voller bewussyn (“mindfulness”) nie, oftewel om eg teenwoordig te wees.

Onlangs weer merk iemand teenoor my op dat dit net ‘n nuwe sielkundige gril of mode is. Dit behels eenvoudig oefening in menslike verbeelding – so stel hy dit – wat hom nie veel aanstaan nie.

Inderdaad is daar, soos met die meeste pogings of modelle om die mens se lewe beter te probeer verstaan en beskryf, ook beperkings aan die “mindfulness”-kultuur. Die belangrikste is waarskynlik dat dit mense se eie vermoë om tot rus en kalmte te kom, om groter heling en integrasie in hulle lewe te bewerkstellig, mag oorskat.

Nie dat mense nie hierin ‘n eie en durende verantwoordelikheid het nie, soos Paulus dit stel, “geroep is om sy eie heil uit te werk” nie. Maar daar is inderdaad grense hieraan (Fil 2:12-13). Daar kom situasies waarin mense aan die einde van hulle eie kragte kan kom, waar die lewe so verwarrend, uitsigloos en donker kan word, dat mense moet toegee dat hulle nie verder weet of kan nie.

In sulke situasies het menige gelowige die vreemde ervaring gehad dat hulle, ondanks hulleself, ondanks hulle eie verlangens en pogings, asof van buite, plotseling aangeraak en tot groter bewussyn, insig, hoop en moed gelei is.

En dít is die punt. Vir gelowiges is die ervaring om eg teenwoordig te wees, om die ware aard van die realiteit en die lewe te deurskou en só van ongesonde vrese, angste en magte bevry te word – want dit is wat volle bewussyn (“mindfulness”) beteken – ‘n gawe, ‘n ervaring wat die verstand en verwagtings van mense meesal oorstyg. Wat jou soos Paulus alleen in ‘n lofsang laat uitbreek (Rom 11:33).

Tereg verwys die teoloog, John de Gruchy, na dié ervaring as een waarin ons ‘n ongewone misterie binnegelei word. En wanneer Paulus ons in Filippense 2:12-13) oproep om – in die woorde van die 1933-vertaling – ons eie heil uit te werk en só medewerkers van God te word, is dit omdat hy bewus geraak het van hierdie misterie en dat dit uiteindelik God is wat in ons werk om sy wil te doen.

Die geheim van egte teenwoordigheid, van ‘n voller bewussyn van dinge, sluit nooit ons eie verantwoordelikheid uit nie. Vir gelowiges begin dit egter altyd by en in die misterie van God se onverklaarbare liefdeswerk in hulle lewe.

Daarheen moet ons as gelowiges ons elke dag keer.

O Here, terwyl ons ons vandag daarop toelê om as verloste mense te leef, werk tog self in ons. Lei ons dieper in die misterie van U werk in ons in. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed