Boodskap vir Vandag

Search

Om eerliker te leef

Ons beste dade is soos vuil klere (Jesaja 64:6).

Advent is ook ‘n tyd van eerlike selfondersoek.

Want die chaos en onreg wat ons daagliks omring, het geensins uit die lug geval nie. Dit is die gevolg van sonde, die vrug van mense se verkeerde keuses, hulle oneerlike bedoelings, bose planne en kwade gedrag.

Hieroor draai Jesaja geen doekies om nie: “Ons het almal geword soos mense wat onrein is, ons beste dade is soos vuil klere, ons is almal soos verdroogde blare.”

Dit wil sê: leeg, nutteloos, misbaar, verganklik, ‘n verleentheid!

Om hierdie siek toestand en verleentheid eerlik in die oë te kyk en te erken, verg nogal moed en durf. Maar dit is waarheen die Skrif ons telkens wil neem. In die woorde van Debie Thomas: “Ons moet toelaat dat die radikale eerlikheid van die Bybel ons ook eerliker maak.”

Dit bly die groot gawe en uitdaging van Advent: dat ons maar hierdie onaangename waarheid oor onsself ruiterlik voor God en ander sal erken.

Sodat God met God se troos en hulp kan kom.

Here, ons is onrein en onwaardig. Kom en genees ons weer. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed