Boodskap vir Vandag

Search

Om heilig te wees

Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is,
moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees (1 Petrus 1:15).

In die Bybel word ons meermale gemaan om soos God heilig te wees (Lev 19:2; 1 Pet 1:15).

Dit is ons roeping. Daartoe is ons wat in Christus glo, bestem – om as sy kerk sonder vlek of rimpel, heilig en onberispelik met Hom te leef (Efes 5:27).

Maar wat beteken dit om heilig te wees?

In haar mooi boekie “Ontmoeting met Heiliges” wat pas verskyn het, werp die vroulike teoloog, Lisel Joubert, interessante lig op dié vraag.

Deur die verhale van sekere gelowiges te vertel, wys sy allereers daarop hoe die betekenis van die woord “heilige” deur die eeue ’n verskuiwing ondergaan en verander het. Sodat dit vandag vir mense van verskillende geloofstradisies ook verskillende konnotasies het.

In die Katolieke en Ortodokse kringe is dit byvoorbeeld steeds praktyk om sekere gelowiges tot sogenaamde heiliges te verklaar. Dit is gewoonlik mense met opvallende heroïese gawes en kenmerke wat ná hulle dood, só word geglo, ook vir ander by God kan intree.

As gereformeerde teoloog is Joubert lugtig vir so ‘n siening. In ooreenstemming met die Nuwe Testament, herinner sy ons daaraan dat heiligheid die nuwe status is wat élke gelowige in Christus ontvang het. Dit sluit egter nie uit dat daar deur die eeue gelowiges was wat Christus só uitnemend gedien en lief gehad het dat hulle lewe vandag steeds ‘n blywende inspirasie vir ander is nie.

Haar eie definisie van wat ‘n heilige is, sluit hierby aan as sy skryf: “Ek wil heiliges verstaan as persone wat ander se verbeelding aangegryp (óf aanstoot gegee het) omdat dit wat hulle van die evangelie verstaan het, hulle anders laat leef het.”

Behalwe dat die boek boeiende leesstof bied oor meer as 50 sulke figure se lewe, laat dit mens ook diep nadink oor die vraag: “Waarin is mý lewe anders? Waarin bestaan my stukkie heiligheid?”

Want om heilig te wees, beteken nie noodwendig – soos Joubert tereg ook wys – in ‘n preutse of wêreldvreemde styl van lewe waarin jy jouself beter of hoër as ander ag nie.

Dit beteken wel ‘n lewe van toewyding en gebed, van integriteit en nederigheid – een wat meesal haaks staan op die oppervlakkige smake, gewoontes en rituele van ons moderne verbruikers- en magskultuur.

En wat daarom opval en inspireer.

Here, help my vandag om heilig te wees soos U. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed