Boodskap vir Vandag

Search

Om jou lig brandend te hou

Waak dan omdat julle nie weet op watter dag en uur dit sal gebeur nie (Matteus 25:13).

Die gelykenis van die tien meisies in Matteus 25:1-13 bevat ʼn belangrike waarheid.

Dit is dat die groot bedreiging vir ʼn samelewing se stabiliteit en oorlewing nie altyd in slegte omstandighede – in dinge soos ekonomiese verval, korrupsie of misdaad – geleë is nie.

Hoewel dit bydraende faktore is, is daar ook ʼn ander, selfs groter gevaar.

Dit is dat gelowiges in só ʼn tyd van onsekerheid nie waaksaam en gereed genoeg is nie. Nie in staat is om die tekens van die tye te lees nie. En daarom nie weet dat God steeds in en deur die onrus aan die werk is en sy koninkryk laat kom nie. En dat God nou, meer as ooit vantevore, van sy volgelinge verwag om op hulle pos te wees. Om met oop oë te leef. En om Christus se koms, ja, die deurbraak van sy koninkryk hier en nou, met blydskap in te wag.

Die gevaar – dit sien ons in hierdie gelykenis – is dat die kerk, net soos die vyf onverstandige meisies, in so ʼn uur wanneer God sy volgelinge roep om wakker te wees, om hulle lig brandend te hou, insluimer en só sy roeping verloor.

Laat ons daarom vandag weer stil word, ophou kla en nadink hoe ons Christus met groter oorgawe en veral met blydskap kan bly dien.

Selfs al is dit nag.

O Here, vergewe ons dat ons so maklik insluimer en ons roeping verloor. Help ons om vandag meer waaksaam te wees en u wil met groter oorgawe te soek. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed