Boodskap vir Vandag

Search

Om mekaar in die oë te kyk

Die oor wat hoor, die oog wat sien – Die Here het albei gemaak (Spreuke 20:12).

‘n Vriendin wat nou betrokke is by die opheffing van arm mense, vertel hoe sy die dieper probleem van onreg en ongelykheid ontdek het.

Dit was toe een van die sogenaamde agtergeblewenes op ‘n dag die moed bymekaar geskraap het om vir haar te sê:

“Dit is nie dat julle nie vir ons goed was nie, maar die probleem was julle het ons nooit regtig in die oë gekyk nie.”

Sjoe, wat ‘n aanklag, wat ‘n waarheid! Want om iemand in die oë te kyk, is om iemand regtig raak te sien, om hulle as medemense te herken, naastes, eweknieë. Mense wat juis as gevolg van julle verskille – hetsy kultureel of in terme van stand of agtergrond – jou lewe oneindig kan verryk.

Bloot omdat hulle mense is, net soos jy.

Ai, as ons mekaar maar net in ons mooi land met belangstelling en sonder skaamte of verwyte in die oë kan bly kyk. Watter verskil sal dit nie aan ons gees en aan ons saamleef kan maak nie!

Here, vergewe ons die baie kere wat ons ongesiens aan mense verby geleef het. Maak ons tog méér opmerksaam vir ander se nood. Gee ons die moed om mekaar lank en innig in die oë te kyk. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed