Boodskap vir Vandag

Search

Om ‘n kwaai hond aan sy ore te pak

Iemand wat ‘n kwaai hond sommer aan sy ore pak, so is iemand wat woedend instorm in ‘n rusie wat hom nie aangaan nie (Spreuke 26:17).

‘n Mens moet altyd versigtig en sensitief wees hoe jy jou met ander mense se sake bemoei.

Want jou goeie bedoelinge kan maklik verkeerd verstaan word. En dan op ‘n vreemde, ironiese manier boemerang sodat jy onverwags aan die verkeerde kant van ‘n saak beland, dikwels tot jou eie verleentheid.

So het ‘n vriend van my een aand verby ‘n huis gestap waar ‘n man en sy vrou hewig getwis het. Selfs mense in die straat kon die geskel en geraas hoor. Trouens, op ‘n stadium was die geskreeu van die vrou só erg dat my vriend gedwing was om die huis binne te gaan en te probeer help.

Binne was ‘n man, kennelik baie dronk, besig om sy vrou te karnuffel. Sodat my vriend hom beetgepak en van die vrou probeer afkry het. Groot was sy verbasing toe die vrou hóm begin takel het met die woorde dat hulle verskille niks met hom uit te waai het nie.

Dié aand het my vriend die les van Spreuke 26:17 geleer. Dit is dat jy versigtig moet wees hoe en waar jy jou hulp aanbied.

Natuurlik moet ons help waar mense mishandel of hulle lewens bedreig word, maar ons moet terselfdertyd waak dat ons nie inmeng waar mense hulle eie heil moet uitwerk nie.

Selfs waar dit om hulle woeste, huishoudelike twiste gaan …

Here, gee ons tog vandag die onderskeidingvermoë om te weet wanneer om in te gryp en te help en wanneer om terug te staan sodat ander hulle eie sake kan uitsorteer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed