Boodskap vir Vandag

Search

Om nie reaktief te leef nie

Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense (Filippense 2:14-15).

Om positief uit God se beloftes te leef, beteken onder andere dat ons vanuit ‘n diep innerlike vrede en vryheid sal leer optree.

En nie toelaat dat ander se komplekse, dwaashede en kleingeestigheid ons gedrag bepaal nie.

In Suid-Afrika is dit iets wat deesdae gans te maklik gebeur. Dat ons optrede reaktief en daarom negatief, voorspelbaar en selfs vervelig raak. Want as dit nie politieke leiers se kortsigtigheid is wat ons frustrasievlakke opjaag nie, is dit die onverskilligheid van talle motoriste wat ons dag omkrap. Of die sinlose geweld wat ons stemming beduiwel.

En dan kla en sug ons weer. Of neul rondom braaivleisvure tussen vriende waar ons ons frustrasies luidkeels kan aankondig en uitpak. En heeltyd laat ons toe dat ander se slegte gedrag en onverskilligheid ons stemming en uitsig op die lewe bepaal.

Nee, só onvry en stereotiep mag ons nie leef nie. As kinders van God wat glo aan God se heerskappy op aarde, moet ons die negatiewe en die bose gedurig troef en oorstyg met ‘n lewe vol vars verbeelding, nuwe inisiatiewe en hardnekkige hoop.

Dit bly ons groot uitdaging in Suid-Afrika vandag.

Here, maak ons vandag vry om u Koninkryk bo alles te soek. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed