Boodskap vir Vandag

Search

Om nuut te begin

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ʼn pad (Jesaja 43:19).

In sy boek oor seëninge met die titel Benedictus skryf John O’Donohue, die Ierse digter, aangrypend oor die avontuur wat hy “ʼn nuwe begin” noem.

Sy woorde bemoedig almal wat in 2018 met huiwering voor ʼn nuwe begin of uitdaging staan.

Hy begin sy meditasie of seëning deur te verwys na die subtiele ontwaking van daardie diep en dikwels verborge impuls of verlange tot iets nuuts wat in ons almal leef. Luister net:

In out-of-way places of the heart where your thoughts never think to wander, this beginning has been quietly forming … For a long time it has watched your desire … it watched you play with the seduction of safety and the grey promises that sameness whispers.

Dan deel hy iets van die opwinding en vreugde wat deurbreek wanneer jy uiteindelik die moed vind om hierdie nuwe uitdaging of bestemming met oorgawe aan te pak. Luister weer:

Then the delight, when your courage kindled, you stepped out onto new ground, your eyes young again with energy and dream … And though your destination is not yet clear you can trust the promise of this opening … So awaken your spirit to adventure; hold nothing back, learn to find ease in risk; soon you will be home in a new rhythm for your soul senses the world that awaits you.

Vir ʼn gelowige behoort elke dag so ʼn nuwe begin te wees. Veral omdat God, soos Jesaja ervaar het, elke keer nuut met óns begin.

Here my God, leer my vandag weer die avontuur en opwinding van ʼn nuwe begin. En gee my veral die moed daartoe. Amen.

Carl Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed