Boodskap vir Vandag

Search

Om ruimte te maak

Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God. Moenie aanstoot gee nie, nie aan Jode of aan Grieke of aan die gemeente van God nie (1 Korintiërs 10:31-32).

Daar word ʼn wonderlike storie vertel oor twee van die heel bekendste Spaanse mistici van hulle leeftyd: Teresa van Avila en Johannes van die Kruis.

As goeie vriende wat mekaar dikwels gesien het om geestelike insigte te deel, het hulle eendag saam aangesit vir ete. Tydens die maaltyd is hulle met ʼn bak heerlike vars druiwe bedien. Johannes se eerste reaksie was dat hy nie daarvan gaan eet nie. As rede het hy aangevoer: “Daar is te veel mense wat niks het om te eet nie.”

Hierop het Teresa geantwoord dat sy wel van die druiwe gaan eet. Haar rede was: “Omdat ek God vir hierdie sonderlinge gawe wil prys.”

Hierdie verhaal herinner ons aan ʼn groot waarheid. Dit is dat God op verskillende tye deur verskillende mense op verskillende maniere gedien en geëer kan word. En dat ons in ons diens aan God versigtig moet wees om nie te eng-dogmaties en daarom onbuigsaam en onverdraagsaam te raak nie.

Trouens, die onderlinge liefde verg dat ons in ons soeke na God se wil en eer altyd ruimte sal maak vir ander moontlikhede en maniere om God te dien.

Dít terwyl ons ons eie roeping steeds met selfvertroue en oorgawe uitleef.

Here, vergewe my dat ek dikwels so eng en benepe leef, asof U net een ding van ons as u kinders vra. Hou ons oë oop vir die ruimheid van u werk en hoe U ons elkeen op ʼn eie unieke manier gebruik. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed