Boodskap vir Vandag

Search

Om sy liggaam en bloed te kou

Die Jode het toe onder mekaar begin stry en gesê: “Hoe kan hy sy liggaam vir ons gee om te eet?” (Johannes 6:52).

Ek wonder wat ons sou gedoen het as Jesus ons sou konfronteer met dié woorde: “As julle nie die liggaam van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle nie die lewe in julle nie” (Joh 6:53).

Behalwe dat die woorde kru en weersinwekkend is – dit beteken letterlik om soos ‘n dier voer te kou – klink dit absurd en onmoontlik. Geen wonder die Jode het onmiddellik daaroor onder mekaar gestry nie (Joh 6:52).

En toe weggeloop van Jesus.

Miskien het hulle tóg later gesnap wat Jesus bedoel het. Naamlik dat die ware lewe in geméénskap met Hom begin. Dit is in navolging van sý weg, sý droom, sý wense vir ons. Wat beteken dat ons lewe soos syne ‘n lewe van liefde en opoffering, van respek en vergifnis teenoor alle mense, ook ons vyande, sal wees.

Wat weer beteken dat ons ons eie selfsugtige belange, ambisies en drome moet opskort, ja, aan Hom moet oorgee. Sodat Hy ons deur sý Gees kan omvorm. Ons deel kan maak van sý droom.

Wat nogeens beteken dat Hy nou die middelpunt van ons lewe sal wees. En wie wil dit nou? Geen wonder die Jode, en miljoene daarna, het aanstoot geneem nie.

O Here, laat ons ook maar bely: Om van U deel te word, ons lewe en belange in navolging van U op te offer, is vir ons swaar. Leer ons vandag opnuut hoe om die ware lewe daarin te ontdek. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed