Boodskap vir Vandag

Search

Om te dans na die lig

Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is (Efesiërs 5:10).

Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! (Filippense 4:4).

Dit bly die groot uitdaging van Advent: hoe om as volgelinge van Christus, te midde van soveel dwaasheid en donkerte rondom ons, te leef in die lig wat Hy gebring het.

In Efesiërs 5, asook in Filippense 2 – 4, gee Paulus enkele riglyne hieroor.

Om mee te begin – só impliseer hy in Efesiërs 5:8-9 – beteken dit gewoon ons sal elke dag doen wat goed, reg en waar is. Kortom, ons sal mense met integriteit wees, met ander woorde, eerlike mense met ʼn skerp sin vir wat goed en reg is.

Om só te leef is egter nie altyd maklik nie. Dit vra, volgens Paulus, ʼn bepaalde dissipline. Dit is om elke dag in stilte voor God te buig en te vra of dit waarmee ons besig is wel vir God aanneemlik is. En só, deur daaglikse stilword en gebed, groei ons vermoë om te onderskei tussen wat vrugteloos is en wat die moeite werd is.

Ons word in die ware sin van die woord verstandig. Sodat ons nie net begin wegdraai van alles wat leeg en vrugteloos is nie; ons kry ook die moed om dié dinge as vals en skadelik te ontmasker.

Meer nog, wie toelaat dat die lig van God se helende liefde in hulle lewe inskyn, ervaar, volgens Paulus in Filippense 4, ʼn nuwe vryheid en vreugde. Hulle begin letterlik, soos een skrywer dit gestel het, na die lig toe dans.

En wie dans – dit weet ons tog – kan nouliks negatief en donker na die lewe kyk.

O Here, help ons vandag om weer te dans na u lig. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed