Boodskap vir Vandag

Search

Om vas te val in die verlede

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur (Jes 43:19).

Volgens geleerdes is daar ʼn tweede klassieke struikelblok wat verhoed dat ons vry en sinvol in die hede teenwoordig is en leef.

Dit is ʼn nostalgiese ontvlugting na en ʼn ongesonde koestering van ons verlede.

Hoe goed verstaan ons nie so ʼn reaksie nie! Wanneer die spanning en aaklighede van die hede ondraaglik word, is die verlede dikwels ʼn logiese en salige toevlug vir ons gedagtes en verbeelding.

Israel was daartoe geneig toe die woestynlewe hulle liggaamlik en geestelik begin uitmergel het. ʼn Mens kan jou indink hoe hulle in die nag van die sogenaamde vleispotte van Egipte begin droom het, selfs al was hulle status in die slawerny van Egipte maar yl en hulle lewe minderwaardig.

Hoeveel wit Suid-Afrikaners worstel nie vandag om tuis te kom in die hede van ʼn nuwe demokrasie met al sy ongemaklike pyne nie. Hoe sterk is die verlange dan nie na die sogenaamde goeie ou tye toe die politieke mag aan hulle behoort het nie, al was dié mag deurgaans broos en omstrede.

As individu kan jy ook vasval in die foute en sondes van die verlede sodat jou huidige gevoel oor die lewe dié van permanente skuld en selfverwyt is. Hierdie las van die verlede kan so neerdrukkend en oorheersend word, jou huidige bestaan so kleur en belas, dat jy nouliks meer raaksien hoe vol nuwe geleenthede, moontlikhede en selfs gawes jou hede wel is.

Vir dié wat vasgeval is in die verlede, hetsy op ʼn nostalgiese of mismoedige manier, is dit nodig om weer God se woorde in Jesaja 43:18-19 te hoor: “Moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur.”

Die God van die Bybel kan dit sê omdat dié God ʼn God is wat vergewe en altyd weer kans sien om oor te begin – ook vandag.

Here, dankie dat U ons bly vergewe, dat U ons nooit die sondes van die verlede bly toereken nie. Help ons daarom om onsself te vergewe en voluit, sonder onnodige verwyte of skuldgevoelens, in die hede te leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed