Boodskap vir Vandag

Search

Om verstandelik wakker te wees

Wees daarom verstandelik wakker en nugter, en vestig julle hoop volkome op die genade (1 Petrus 1:13).

Behalwe vir goeie medikasie, kan die regte woord op die regte tyd ook oormatige angs help verlig. Veral wanneer ons moeite doen om ons gedagtes in stilte met só ʼn woord te vul en voortdurend daarin te gaan rus.

Een so ʼn woord is Petrus se vermaning om verstandelik wakker en nugter te wees (1 Petrus 1:13).

Die Engelse vertaling van hierdie teks is nog meer sprekend en van hulp. Dit lui: “Therefore gird up the loins of your mind, be sober, and hope to the end for the grace that is brought unto you at the revelation of Jesus Christ.”

Die Griekse woord vir “om wakker en nugter te wees” was oorspronklik ʼn herinnering aan atlete om hulle lang gewade of kledingstukke op te lig en vas te gord sodat hulle gemakliker sou kon hardloop.

Toegepas op die wêreld van ons denke of verstand beteken dit ons moet al daardie los, negatiewe en irrasionele gedagtes wat ons so pla en oorangstig maak doelbewus onder beheer kry.

Meer nog, dit vra van ons om hierdie skadelike gedagtes elke dag God in se hande te plaas met die verwagting dat sy genade genoeg sal wees om dit te bedwing en selfs uit te skakel. Sodat ons ons gedagtes meer kan vul met alles wat waar, edel, reg, mooi en prysenswaardig is (Filippense 4:8).

Só sal ons die angs kan help hokslaan.

Here, terwyl ek let op daardie gedagtes wat my so angstig maak, gee ek dit opnuut in u hande oor. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed