Boodskap vir Vandag

Search

Om vorentoe te leef en agtertoe te onthou

Terwyl ons dan so ʼn groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof (Hebreërs 12:1-2).

Søren Kierkegaard, ʼn Deense filosoof, het geskryf dat ons as gelowiges geroep is om vorentoe te leef, maar agtertoe te onthou.

Daarmee het hy die kenmerkende beweging of ritme van die Christelike lewe op ʼn kort en kragtige manier verwoord.

Want inderdaad ís dit so: Ons is geroep om die oue agter ons te laat, om nie vas te haak by onnodige skuldgevoelens, verwyte of sondes nie, maar om met blydskap en vryheid en oorgawe die wêreld te betree en te dien. Dit kan egter eers gebeur as ons voortdurend agtertoe leef, dit wil sê, vanuit die verhale en beloftes van God se Woord. Ja, as ons gedurig dáárheen terugkeer en dit die onmisbare bron van ons lewe maak.

Is dit nie hierdie agtertoe-herinnering wat die moedelose Emmausgangers se harte weer aan die brand gesteek en hulle met entoesiasme die pad na Jerusalem laat vat het nie (Luk 24:32)? En is dit nie hierdie soort herinnering waartoe die Hebreërskrywer ons oproep nie (Heb 12:1-2)?

Om agtertoe te onthou help ons om vandag voluit en met vreugde vorentoe te leef.

O Here, help ons om die herinneringe aan u beloftes nooit te vergeet nie, maar altyd daarheen terug te keer sodat ons voluit vorentoe kan leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.