Boodskap vir Vandag

Search

Om vorentoe te leef

Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom (Jesaja 43:19).

As daar ooit iets is wat vandag vir die inwoners van ons land dringend noodsaaklik geword het, is dit om met hoop vorentoe te leef.

Daar is net té veel mense wat steeds vasgeval sit in ‘n ongesonde nostalgie, skuld of woede oor die verlede. Of wat toelaat dat die chaos en onsekerheid van die hede hulle bly oorweldig.

Natuurlik mag ‘n mens nooit die aard of omvang van jou probleme onderskat of miskyk nie. Of toelaat dat Gods water roekeloos oor Gods akker loop nie. Maar vir gelowiges wat die beloftes van Jesaja 43 ernstig opneem, behoort één ding vanselfsprekend te wees: Daar is altyd hoop. En dat ons altyd met nuwe verwagting vorentoe kan kyk en leef.

Hoor ons dan nie in Jesaja 43:19 hoe God uit wanorde en verwarring nuwe dinge kan skep nie? En dat wie goed kyk, dit reeds kan sien gebeur nie. Hoe God ‘n pad in die woestyn kan maak (Jes 19). En hoe dieselfde magtige waters wat vroeër dreigend en vernietigend was (Jes 43:2,16-17), riviere kan word wat lewe aan dorstige mense en diere gee (Jes 43:20).

En hoe mense wat dit raaksien, God weer vir sy genadige dade sal prys (Jes 43:20).

Juis die wete dat God die geskiedenis, ja, ook mý verlede en mý toekoms gedurig in sy hande hou, moet ons motiveer om vandag met selfvertroue op te staan en te sê: “Basta met korrupsie! Basta met rassisme! Basta met geweld! Basta met swartgalligheid en gekla!”

“Ek wil saam met God ‘n nuwe toekoms help bou, net daar waar ek is.”

Here, vergewe dat ons vasval in ons eie swartgalligheid en nie raaksien hoe U reeds in en deur die wanorde nuwe moontlikhede skep nie. Maak ons vandag opnuut bewus van die nuwe wat U besig is om te bring. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed