Boodskap vir Vandag

Search

Om wys te wees

Hoe talryk is u werke, Here! Alles is met wysheid deur U gemaak; die aarde is vol van wat aan U behoort (Psalm 104:24).

Word wysheid nog beskou as iets om te koester, as iets waarna ons smag? In die Bybelse tyd was wysheid ʼn baie belangrike beginsel. Ons kry dan ook die sogenaamde wysheidsboeke in die Bybel – Job, Spreuke en Prediker, sowel as wysheidspsalms soos Psalm 1.

In die Ou Testament verwys wysheid nie net na slimmigheid of blote kopkennis nie. Nee, dit het alles te make met ervaring. Die wysgere van Israel kan met vandag se filosowe vergelyk word – mense wat die lewe bekyk en beleef, en dan afleidings maak.

Spreuke is vol sulke afleidings waar die optrede van wyse en dwase mense teenoor mekaar gestel en die leser bewus gemaak word van die gevolge van hierdie twee soorte optredes.

Wysheid is lewenservaring wat uitloop op keuses; ook keuses oor wanneer om te praat en wanneer om stil te bly. Wysheid is takt en beplanning. Wysheid is insig en waardering. Dit help ons om God se besig-wees in die skepping raak te sien.

Dankie dat ons u wysheid kan raaksien in alles wat U geskep het, Here, o God. Help ons om dit ons eie te maak. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed