Boodskap vir Vandag

Search

Onbenut begrawe

“Omdat ek bang was, het ek u muntstuk in die grond gaan begrawe” (Matteus 25:25).

Onlangs raak iemand ʼn vreemde stelling kwyt – een wat ek nog nooit vantevore gehoor nie.

Hy sê: “The richest plot in the world is the cemetery.” In Afrikaans: “Die rykste grond in die wêreld is die begraafplaas.”

Daarmee het die spreker nie net bedoel die begraafplaas is vol ryk en bekende dooies nie. Hy het veral bedoel die begraafplaas is vol ongeleefde potensiaal – vol mense wat met ʼn oorvloed talente gebore is, maar dit nooit voluit kon of wou benut nie. En nou lê die rykdom daarvan onbenut begrawe.

Hoe hartseer tog dat mense só moet sterwe. En wat ʼn herinnering vir ons dat ons in óns leeftyd alles sal doen om die rykdom van ons talente, kanse en geleenthede met oorgawe aan te gryp en uit te leef. En dit veral ook ter wille van ander.

Is dit dan nie jou blywende roeping in hierdie lewe nie?

Here, dankie vir gawes en geleenthede. Vergewe my as dit onbenut gelaat of nie goed gebruik het nie. Help my om dit voortaan met groter geesdrif te omhels. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed