Boodskap vir Vandag

Search

Onderlaag

Die fondament is Jesus Christus. Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom – 1 Korintiërs 3:11b-13a.

Toe ons seuns nog onder ons dak was, moes hulle dikwels vir sakgeld werkies in en om die huis doen. Verfwerk was deel van ’n vakansie-opdrag. Eers is die skuurpapier, onderlaag, verf, kwaste en skoonmaakmiddels op die werksbank uitgepak. Niemand kon aanvoer dat hy nie geweet het wat die verfwerk behels nie.

Soms was die manne egter haastig. Dán is kortpaadjies gevat. Die dele waar die roesmerke nie duidelik was nie, is nie geskuur nie. En wanneer pa nie gekyk het nie, is daar sommer direk oor die vorige verflaag geverf, sonder om eers ’n onderlaag op te sit. Natuurlik kon die skuldiges ’n kort rukkie daarmee wegkom. Dit was egter nie lank nie, of die verf begin afdop en die staalpyp begin weer roes.

In Dallas Willard se boek The spirit of the disciplines skryf hy dat Christene in voortdurende spanning leef tussen wat hulle wéét hulle behoort te wees, wat hulle dínk hulle kan wees en wat hulle werklik is. Hy sê: “Ons weet ons moet soos Christus leef, maar ons sien dit as iets onmoontliks en daarom probeer ons nie eens nie.”

Ons kan nie ons verantwoordelikheid ontduik nie. Henry David Thoreau skryf: “Thus men will lie on their backs, talking about the fall of man, and never make an effort to get up.”

Daar is geen kortpaadjies nie. Gebed is die onderlaag en Christus die fondament van ons geestelike huis. Daarsonder gaan alles tot niet.

Here, maak my getrou. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed