Boodskap vir Vandag

Search

Oneindige dwaasheid

Vermy ʼn dwase mens; jy sal nie by hom leer om verstandig te praat nie (Spreuke 14:7).

ʼn Dwaas gebruik nie sy verstand nie en bring die dood oor homself (Spreuke 10:23).

Die slim en beroemde Albert Einstein het, naas sy wetenskaplike prestasies, ook baie lewenswyshede kwyt geraak.

Een hiervan is dat daar twee dinge is wat as oneindig voorkom.

Die eerste is die uitdyende heelal waarvan ons deel is. Die tweede is die dwaasheid van die mensdom. Veral laasgenoemde uitspraak verraai nie net ʼn skerp insig in die aard en psige van die mens nie; dit staaf ook wat ons amper daagliks rondom ons sien.

Dit is dat die mens traag bly om uit die foute van die verlede te leer.

Op die een of ander onverklaarbare manier bly mense blind vir hulle misstappe en herhaal hulle wat vir ander klinkklaar en onbetwisbaar dwaas en kortsigtig lyk.

Wat dít betref, het iemand Einstein se waarneming selfs ʼn stappie verder gevoer. Dié persoon stel dit soos volg: “What is much more widespread than actual stupidity, is playing stupid, turning off your ear, not listening, not seeing.”

Wat hiér bykom, is nie net blinde onkunde nie – dit is ook oneerlikheid, hardkoppigheid en misplaatse trots.

Mag die Here die maghebbers van ons tyd, en vir ons wat hulle bewonder en dikwels klakkeloos navolg, bewaar van hierdie doelbewuste en blatante vorm van dwaasheid.

Want dit is veel erger, en baie gevaarliker, as blote domheid.

O Here, bewaar ons vandag van daardie dwaasheid wat die kiem van dood in hom omdra. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed