Boodskap vir Vandag

Search

Ongesonde solidariteit

Loop op en af in die strate van Jerusalem, kyk rond en let op: gaan soek op sy pleine of julle daar iemand kry wat reg doen, wat die waarheid soek (Jeremia 5:1).

Wie oor temas soos verbondenheid en solidariteit nadink, kan nouliks die negatiewe kante daarvan miskyk.

Dit is wanneer jou verbondenheid aan of solidariteit met mense, hetsy ʼn groep of ʼn individu, ontaard in blinde lojaliteit, onkritiese navolging en ʼn sieklike soort vertroeteling en afhanklikheid.

Dié verskynsel of tendens kom wyd voor.

In kerke word predikers dikwels aanbid en slaafs nagevolg. Die gevolg hiervan is grootskaalse misleiding en selfs ongewone tragedies. In die besigheidslewe of die politiek, so sien ons ook vandag, kan die verbintenis aan ʼn bepaalde groep, party of leier maklik ontaard in ʼn agteraf geknoei waarin omkopery, ongesonde bevoorregting, korrupsie en die gepaardgaande ontkenning of verdoeseling die wagwoorde word.

Wie hulle daarom aan mense en groepe verbind, moet daarteen waak om deel te word van ʼn kultuur of ʼn bedryf waarin mense óf onregmatig verryk óf gruwelik gemanipuleer, uitgebuit en veronreg word. Vir ʼn volgeling van Christus sal daar in sulke geselskap altyd net één keuse wees: om dapper op te staan en te stry vir dit wat waar, reg en eerlik is.

Trouens, in aansluiting by Jeremia se versugting sal die gelowige nie toelaat dat daar te lank gesoek word na iemand wat reg doen en die waarheid soek nie (Jeremia 5:1).

O Here, gee ons vandag opnuut die moed om, waar ons ons ook al bevind, reg te doen en op te staan vir die waarheid. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed