Boodskap vir Vandag

Search

Ons begeertes kan verword

Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly (Jakobus 1:12).

Die geskiedenis van Dawid se owerspel met Batseba wys onder andere hoe ons menslike begeertes, wat opsigself natuurlik goed en natuurlik is, kan verword.

Hoe dit, by wyse van spreke, van ‘n klein, bykans onskuldige vlam, geleidelik tot ‘n verwoestende vuur kan uitgroei. Een wat nie alleen ons oordele as mens kan verwar en afstomp nie, maar ook die lewe van ander om ons kan benadeel en verwoes.

Hoe dit gebeur, sien ons duidelik in hierdie ontstellende vertelling oor Dawid se owerspel met Batseba (2 Sam 11-12). Want wanneer hy Batseba eenmaal begerig aanskou het, eindig dit nie daar nie. Sy begeerte loop spoedig oor in owerspel, waarná ‘n kwaadwillige plan volg. Een wat uiteindelik tot die moord van Batseba se man, Urija, lei.

Hoe verskriklik is dit nie dat Dawid in die loop van enkele dae nie minder as drie van God se gebooie oortree. En die ergste is: Dawid het skynbaar geen begrip van die verskriklike gevolge van sy dade nie.

Maar dít is waar ongesonde begeertes ons tereg kan bring.

Dit is geensins verniet nie dat Jakobus ons in sy brief waarsku dat ons onsself in dié opsig nie moet mislei nie. Want hoewel ons begeertes ‘n wonderlike gawe van God is, kan hulle ons verlei en insleep in ‘n toestand van sonde en verval – een wat kan uitloop op die dood (Jak 1:12-18).

Here, U self het die begeerte na mooi dinge en intieme verhoudings in ons geplaas. Ons dank U daarvoor. Maar help ons vandag weer dat hierdie begeertes nie ontspoor en ongesond raak nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed