Boodskap vir Vandag

Search

Ons dieper behoeftes

“Julle moet nie werk vir voedsel wat vergaan nie, maar vir die voedsel wat nie vergaan nie en wat ewige lewe gee. Dit sal die Seun van die mens vir julle gee, want God die Vader het Hom die mag daartoe gegee” (Johannes 6:27).

Wanneer Jesus in Johannes 6:26 die skare se soeke na Hom as twyfelagtig en vals ontbloot, doen Hy dit nie net om hulle te betig en skuldig te laat voel nie.

Hy doen dit eintlik om hulle uit te nooi om Hom as die ware brood van die lewe te ontdek en te volg (6:27, 32-35).

Met dié uitspraak of verklaring oor Homself wou Jesus allereers die skare herinner dat hulle, naas hulle menslike behoeftes, ook ander, dieper behoeftes het – behoeftes waarvan hulle nie altyd bewus is nie, maar wat Hy ken en waarin Hy kan voorsien.

Sodat hulle ʼn smaak van die ware lewe kan kry.

Wat hierdie behoeftes of diepliggende honger in ons lewe is, verskil van mens tot mens. In ʼn mooi meditasie hieroor verwoord die teoloog Debie Thomas haar dieper behoeftes soos volg:

“What are those hungers? I can only answer for myself, so here’s my list: a hunger for meaning and purpose. A longing for connection, communion, intimacy, and love. A desire to know and to be known, deeply and authentically. A hunger for delight, for joy, and for creative engagement with the world in all its complexity, mystery, and beauty. And an ongoing need for healing, wholeness, and steady courage in the face of fear.”

Ek weet nie of jy jou hiermee kan vereenselwig nie. Wat wel belangrik is, is dat jy in voeling sal kom met hierdie soort diep behoeftes en verlangens in jou eie hart.

Want dit is waar Christus deur sy Gees jou vandag wil aanraak, heel en vul.

Here, U ken my behoeftes, die diep honger in my lewe na sin en betekenis. Kom stil vandag die honger in my. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed