Boodskap vir Vandag

Search

Ons gróót Hoop

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! – Romeine 15:13.

In ons brose aardsheid gee God soms vir ons klein sigbare, tasbare bewyse dat Hy wel dáár is. Hy hoef dit nie te doen nie, maar Hy weet ons het hierdie simbole nodig. Dit versterk ons hoop. Dit is tekens van God se bemoeienis met ons. Ons geloof mag egter nie by simbole staan of val nie.

Ek kyk weer na Philippe Wojazer se foto van die Notre Dame pas ná die vernietigende brand wat die eeue oue katedraal feitlik in puin gelê het. Op die foto hang roet en stof in die lug. Die meubels is swart gebrand, met rommel oral. Maar bokant al die verwoesting en donkerte troon die goue kruis agter die altaar uit – al stukkie kleur in die grys donkerte wat alles omhul.

Die goue kruis word ’n helder simbool daarvan dat daar, ondanks die donkerte en puin en roet van ons lewe, steeds hoop is. Dit is ’n hoop wat niks of niemand kan vernietig nie. Geen duisternis kan die glans daarvan verdof nie. Wanneer alles vir ons uitsigloos lyk, is Christus se kruis al lig wat oorbly. Dit herinner ons daaraan dat God ons so liefgehad het dat Hy sy enigste Seun vir ons gegee het sodat ons nie verlore sal gaan nie.

Mense se lewensduur is kortstondig soos dié van gras. Dit sou dwaas wees om ons hoop op hulle te vestig.

Christus is ons hoop.

Dankie vir die vaste wete: U is my enigste ware hoop. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed