Boodskap vir Vandag

Search

Ons grootste uitdaging

Jesus het hulle toe begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly … (Markus 8:31).

Om net van bergtop-ervarings in ons geestelike lewe te wil leef, met ander woorde gedurig op soek te gaan na die estetiese, na oomblikke van intense genot, ontroering en selfs oneindige gemak, is nie genoeg nie.

Dit kan selfs gevaarlik wees.

Ons sien dit duidelik in die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg. Want wanneer Petrus die opwinding en skoonheid van die oomblik wil vashou en bestendig deur drie hutte te bou, word sy voorstel deur ‘n nuwe goddelike openbaring onderbreek (Mk 9:5-7).

Dan word dit duidelik hóé onbeholpe en kortsigtig Petrus steeds was – sku vir die lydensweg van Jesus wat om die draai gewag het. Hoe hy steeds nie besef het dat die oomblik van verheerliking op ‘n hoë berg as voorbereiding vir die verdere pad saam met Jesus bedoel was nie – ‘n pad wat nou deur die gewone lewe sou loop, en uiteindelik dood en lyding, nuwe offers en oorgawes sou vra.

Want uiteindelik is dít wat die lewe saam met Jesus behels, waaroor egte dissipelskap gaan, om in die alledaagse lewe, presies soos Hy, ‘n lewe van liefde en geduld, van selfprysgawe en offerbereidheid te bly kies.

Hoe om daarby uit te kom in ‘n land waar soveel dinge ons in die teenoorgestelde rigting trek, bly ons grootste uitdaging.

Here, bewaar ons daarvan dat ons geloof te gerieflik en rustig word. Leer ons die uitdagings van ons tyd, en hoe om daarop te reageer. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed