Boodskap vir Vandag

Search

Ons is ‘n tempel van God

Weet julle nie dat julle die tempel van God is nie en dat die Gees van God in julle woon nie? (1 Korinthiërs 3:16).

Daar is ‘n sin waarin die opdrag van Haggai 2 om God se tempel wat tot puin verwoes was weer op te bou, glad nie meer vir ons geld nie.

Ons is tog nie Israel nie – nog minder deel ons in die voorskrifte van die ou verbond, soos dit destyds bekend gestaan het.

En tog gee Paulus in 1 Korinthiërs 3 ‘n verrassende draai aan dié beeld of prentjie van die tempel. Hy maak dit tot voorbeeld van ons lewe as gelowiges. Die opskrif van vandag se gedeelte lui daarom nie toevallig nie: “Die gelowiges as die gebou van God.”

Dringend herinner Paulus ons dan ook, in aansluiting hierby: “Weet julle dan nie dat julle die tempel van God is en dat God in julle woon nie?” Verder: “Die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle” (1 Korinthiërs 3:17).

Dat ons ‘n heilige tempel van God is, is iets geweldigs.

Dit beteken allereers dat ek as individu in God se oë kosbaar is. En dat ek daarom nooit myself as minderwaardig mag sien of mag toelaat dat ander só na my kyk nie. Ook dat ek in my omgang met ander moet onthou: “Hulle is God se skepping, selfs ‘n heilige tempel van God wanneer hulle hulle lewe aan God begin wy.”

En dit is só, voer Paulus aan, omdat ons nie langer aan onsself behoort nie, maar aan Christus (1 Korinthiërs 3:22).

Here, dankie opnuut vir die versekering dat ek ‘n tempel van U is en dat U deur u Gees in my woon. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.