Boodskap vir Vandag

Search

Óns is nie weg nie!

As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie…! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! (Psalm 27:13-14).

In sy outobiografiese boek, “Report to Greco”, vertel die bekende skrywer, Niko Kazantzakis, van sy jeugjare in Kreta en hoe swaar die mense dikwels gekry het.

Ook hoe hulle met durf en waardigheid allerlei rampe en terugslae oorleef het.

Veral een herinnering in dié verband staan uit. Dit was toe ‘n fratsstorm op ‘n dag hulle druiweoes, saam met al hulle gedroogde rosyntjies, binne minute weggespoel en vernietig het.

As nuuskierige kind het hy met die koms van die verwoestende reënbui onmiddellik buitentoe gestorm om te sien wat aangaan. Deurnat en beangs het hy later teruggekeer huis toe.

Daar gekom het hy sy pa by die voordeur gevind, terwyl sy ma in die agtergrond gestaan en huil het. Verward en onseker of sy familie dit al mooi besef het, het hy geskreeu: “Vader, ons druiwe is weg!”

Waarop sy pa kortaf geantwoord het: “Óns is nie weg nie. Bly stil!”

Kazantzakis sluit dan dié gedeelte af met die volgende woorde:

“I never forgot that moment. I believe that it served as a great lesson in the crises of my lfe. I always remembered my father standing calmly, motionless on the threshold, neither cursing, entreating, nor weeping. Motionless, he stood watching the disaster and – alone among all the neighbours – preserved his human dignity.”

Inderdaad ook ‘n belangrike les vir ons wat soms geneig is om kop asook ons waardigheid te verloor wanneer dinge teen ons draai.

Here ons God, dankie vir die gawe van te lewe. Laat ons dit onthou wanneer dinge teen ons draai. Amen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed