Boodskap vir Vandag

Search

Ons kan verkeerd bid

As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig (Jakobus 4:3).

Wie Jakobus se raad volg dat gebed ons van ons magteloosheid kan bevry, moet weet dat daar verskillende maniere van bid is.

‘n Mens kan byvoorbeeld bloot uit gewoonte of bygelowigheid bid. Sonder om te verwag dat dit regtig ‘n verskil aan ons lewe sal maak.

Byna soos daardie Jood wat elke dag getrou by die klaagmuur in Jerusalem vir sy land, familie en vriende gaan bid het. Toe iemand hom eendag vra of sy gebede darem werk, was sy verrassende antwoord: “As ek eerlik moet wees: Dit is soos om elke dag met ‘n muur te praat.”

Weliswaar is dit die ervaring van baie mense met gebed – dat jy met ‘n muur of teen die dak praat.

En tog, as dit die enigste gevoel is wat ons oorhou wanneer ons bid, moet ons oorweeg of ons nie, soos Jakobus suggereer, verkeerd bid nie (Jak 4:3). Of ons gebede nie dan uitsluitlik deur ons eie, meesal selfgerigte wense, begeertes en behoeftes gedryf en gekleur word nie.

Sodat wanneer ons wensdrome nie realiseer nie, ons eenvoudig die afleiding maak dat gebed ‘n sinlose en nuttelose oefening is.

Só eenvoudig is dit egter nie. Volgens Jakobus bestaan daar iets soos ‘n meer egte vorm van gebed. Een wat ‘n kragtige uitwerking kan hê.

Hiérdie vorm van gebed moet ook oorweeg, en veral bepróéf word.

Here, vergewe ons dat ons gebede dikwels net een groot versoeklys is, die produk van ons eie selfgerigte wensdrome en begeertes. Gee ons tog ‘n oog vir ú drome en begeertes, ú Koninkryk en wil. Laat dít vandag die begin en einde van ons gebede wees. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed