Boodskap vir Vandag

Search

Ons kringetjie

“Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” – Josua 1:8-9.

Ons verloor maklik ons fokus. In ’n vaartbelynde kultuur van kitsgoed, kitsbelewenisse en kitsresultate moet ons doelbewus keer op keer gaan stilstaan en vra: Hou ek nog vas aan die belangrike, ingeleefde dinge in my lewe?

’n Vriendin vertel: “Onlangs het ons gesin besluit om weer saans huisgodsdiens te hou. Die kinders het eers gemor en dikmond die televisie afgeskakel, of gekla dat daar nog baie huiswerk wag. Mettertyd het ons rustiger geword. Noudat ons saam lees en bid, is daar ’n groter verdraagsaamheid teenoor mekaar. Ons kyk met nuwe oë na mekaar. Ek beleef weer iets van my kleintyd. Daardie koestering en wete dat ons kinders van dieselfde Vader is, ’n hemelse Vader wat nooit sluimer of slaap nie. En dat Hy van ons klein kuddetjie wéét, net soos ons van mekaar weet.”

Ouers en kinders wat saam voor die Here kniel, erken hul afhanklikheid van Hom. Omdat hulle hul eie – en die ander gesinslede – se broosheid raaksien, leef hulle omarmend. Hulle bid vir mekaar. Hulle vergewe mekaar. Hulle pas mekaar op.

Here, help ons om in hierdie feestyd ekstra naby aan U te bly en met nóg groter deernis en liefde na mekaar om te sien. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed