Boodskap vir Vandag

Search

Ons leer nog hoe

Toe antwoord Jesus hulle: “Dié wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Ek het nie gekom om mense wat op die regte pad is, tot bekering te roep nie, maar sondaars” (Lukas 5:31).

In die vierde eeu in Noord-Afrika was daar ʼn baie sterk debat oor wie in die kerk hoort. Die Donatiste het kortom gesê die kerk is sonder vlek of rimpel en daar is net plek vir heiliges, nie vir sondaars nie. Bokant die deur van so ʼn kerk het geskryf gestaan: “This is the door of the Lord; the righteous shall enter.”

Die kerkvader Augustinus het nie hiermee saamgestem nie. Seker omdat hy voortdurend die stryd teen sonde aan sy eie lyf ervaar het. Hy het geskryf: “One who enters [a Christian church] is sure to see within drunkards, misers, tricksters, gamblers, adulterers, fornicators, people wearing amulets, clients of sorcerers, astrologers … he must be warned that the same crowds that press into the churches on Christian holidays also fill the theatres on pagan holidays.”

Vir Augustinus was die kerk ʼn plek vol mense wat nog leer hoe om Christene te wees. Hy herken dus die op-pad-wees-aard van God se mense. Dit is seker hoekom Jesus tussen die sondaars van sy tyd te vinde was; hulle het immers besef hulle was nog op pad en daarom was hulle honger en dors vir wat Jesus vir hulle gebring het.

Dankie dat daar vir my plek aan u voete is, Here Jesus, al is ek nie sonder vlek of rimpel nie. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed